About Us

Pepermossie Functions & Wedding Venue in Bloemfontein can accommodate up to 200 guests and is perfect for Weddings, Year-end Functions, Conferences and other Celebrations.

Pepermossie (named after an Afrikaans song for a Pepermossie – by Laurika Rauch) is a rustic wedding / functions venue on the outskirts of Bloemfontein. It happened by purely looking for a venue that could accommodate our special needs for a birthday party with a touch of nostalgia and elegance and with a hearty welcome and Free State Flair. From there everything just fell in place and one thing led to another. Looking at the city lights by night, but with the difference of having pure joy of nature and birds and tranquillity.

Hennie and Ertjies, together with their qualified staff will cater for all your needs and ensure a seamless function or fairy-tale wedding.

Pepermossie Venue In Bloemfontein

Ons Lokaal is ontwerp met al die natuurlike elemente van hout, klip, baksteen en sement. Groot houtdeure wat kan oopswaai op wye stoepe en lowergroen grasperke laat die natuur toe tot binne-in die lokaal. Die rustigheid van die natuur word genooi om sommer te kom nesmaak hier neffens jou. Die Mossie is n stukkie hemel op aarde waar mense net kan ontspan en al die mooi geniet.. Die elemente is vasgevang met regte ouwêreldse flair binne die lokaal. Pasgemaakte groot houtafels en stoele voltooi die feestelike atmosfeer. Ons fokus is op fyn detail, en die individuele behoefte van elke gas. Gaste kan net terugsit ontvang indrink en verfris terugkeer na hulle tuiste. Die dekor is verfrissend mooi met n tikkie nostalgie en eg Suid Afrikaanse kultuur. Die voorsit en aanbieding van ons voedsel en alle verwante kosse is geurig met flair en styl en vars garnering. Keurig en Smaaklik.

In aanloop tot die venue is daar ‘n boomryke laning en tuine wat dit sag omvou. Ook diè laning kan vir die spesiale bruid en bruidegom aangewend word vir hulle seremonie. Sommige verkies om in die skadu van die bome hulle beloftes af te lê. Dit word ook aangewend vir funksies indien dit jou behoefte is en die weer saamspeel.

Die kliplaning is ‘n ander trots van ons Venue. Eg Vrystaatse ysterklip (eie aan ons omweging) is sorgvuldig gepak onder groot bome tot aanloop van ons nuwe opelug kapel.Twee groot houtdeure verwelkom die gaste by die ingang na die kapel. Wat kan nou lekkerder wees as om in ‘n kliplaning onder bome te loop en jou droom word verwesenlik.

Groot klipmure en swaar houtbalke vorm ons kapel. Die digte plantegroei omring die kapel en die deursigtige dak laat toe dat jy die wolke kan sien saamspeel in die wind. Veilig teen die elemente van ‘n skielike Vrystaatse reënbui, maar met asemrowende uitsig, vind die seremonie in die buitelug plaas. ‘n Skouspel uit die natuur wat net die SKEPPER van als kan tooi.

Scroll to Top